“Herstel ons waterbronne of kry privaatinstellings om die werk gedoen te kry.” Dit is die boodskap wat TLU SA met ‘n nuwe veldtog oor water aan die ANC se Departement van Water en Sanitasie én die regering wil stuur.
Van die voortrekkers se grafte is deesdae nie meer langs die Vaaldam nie, maar binne in die Vaaldam, en kan slegs gesien word wanneer die watervlak baie daal.
‘n Onderneming van Hartbeesfontein, Supreme Poultry, het uit desperaatheid self R100,000 betaal om waterpype te koop, om stukkende munisipale waterpype te herstel, nadat die gebied vir amper ‘n week sonder water was. Supreme Poultry moes ook teen astronomiese koste self nuwe water reservoirs op hulle eie perseel oprig, vir wanneer daar weer nie water is nie.