“Herstel ons waterbronne of kry privaatinstellings om die werk gedoen te kry.” Dit is die boodskap wat TLU SA met ‘n nuwe veldtog oor water aan die ANC se Departement van Water en Sanitasie én die regering wil stuur.
Die Bloemfontein Hooggeregshof het ten gunste van die Frankfort gemeenskap gelas en ‘n interdik teen die munisipaliteit goedgekeur om die werk te verrig wat in die eerste plek sy plig was. Daar is ook gelas dat die munisipaliteit die kostes van die aansoek moet dra, wat natuurlik van belastingbetalers afkomstig is.
‘n Vooraanstaande boer van die plaas Klipdraai in Rothdene wil die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit hof toe neem nadat verskeie beeste op sy plaas gevrek het. Frik van Greune sê daar is onlangs sewe beeste op sy plaas dood nadat hulle besoedelde water uit ’n dam op sy plaas gedrink het. Volgens Van Greune het dit gebeur nadat rioolvuil onlangs weer by ’n drein naby aan sy plaas oorgeloop het en in van Greune se plaasdam beland het.
AfriForum ondersteun die gemeenskap in Frankfort in ‘n dringende hofaansoek om ‘n interdik teen die Mafube Plaaslike Munisipaliteit te bekom om sodoende die munisipaliteit te verplig om onwettige rioolstorting in die Wilgerivier te stop.
Nuus.net het verlede week berig oor die stand van riool in Emfuleni op die Wesrand, wat gepaard gaan met die gebrek van dienslewering van munisipaliteite, en gebrek aan instandhouding. Dit is nou nie meer net ‘n ongerief nie, maar raak onveilig en ongesond, en in DA beheerde Tableview in die Kaap ontwrig dit normale lewe. Dit blyk asof raadslede nie weet wat ecoli is nie?
Van die voortrekkers se grafte is deesdae nie meer langs die Vaaldam nie, maar binne in die Vaaldam, en kan slegs gesien word wanneer die watervlak baie daal.
‘n Onderneming van Hartbeesfontein, Supreme Poultry, het uit desperaatheid self R100,000 betaal om waterpype te koop, om stukkende munisipale waterpype te herstel, nadat die gebied vir amper ‘n week sonder water was. Supreme Poultry moes ook teen astronomiese koste self nuwe water reservoirs op hulle eie perseel oprig, vir wanneer daar weer nie water is nie.