Met ons help kan U of U gemeenskap nou ‘n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net). Continue reading…
WAAR IS DIE VOLK? Die meerderheid Afrikaans sprekendes is nie-Europeërs, en so ook is die meerderheid radio RSG luisteraars nie-Europeërs. Vra nie waar is die volk se leiers nie, maar vra eerder waar is die volk? Hulle klouter by die Toring van Babel op om naam te maak, as die reënboognasie Suid Afrika, en om “Een” te wees. Continue reading…
‘n Grondeienaar van Middelburg, Mpumalanga, mnr Danie Heyns (60), was op Sondagaand 24 Oktober, 2021 amper vermoor deur ‘n trop onwettige grondbesetters, gelei deur ‘n swart man wat in die dorp bly. Die boer is vir 2 uur lank geslaan en gemartel deur die hoof aanhitser en sy gepeupelbende van omtrent 20 sterk. Hoe dapper is hulle as hulle ;n 60 jarige kan slaan en martel terwyl daar omtrent 20 van hulle is. Continue reading…
Dubbele standaarde by die NVG is institusioneel, en dit is nie eers meer betwisbaar nie dat die NVG, met hul 90% of meer swart personeel, diskrimineer op grond van ras ten opsigte van vervolgingsbesluite en ander verantwoordelikhede soos die toekenning van borgtog, ens. Ons het nou al verskeie kere gesien dat die NVG met agressie wit persone aankla, borgtog ontken en die hele klagteboek na hulle toe gooi, of hulle skuldig is aan ‘n misdaad of nie, maar ‘n swart taxibestuurder wat ‘n wit pa en seun doodgeskiet het in ‘n verkeersargument, word egter nie eers vervolg nie. Dit terwyl verskeie onskuldige boere sonder borgtog aangehou word. Continue reading…
Panyaza Lesufi, die Hoë Priester van swart supremasisme en Afrikaner hater van formaat, het beweer regstellende aksie – as jy wit is, is jy uit – is hier om te bly “totdat die sondes van jou voorvaders uitgewis is.” Dit sal natuurlik vir ewig wees want die ANC sal maar altyd nuwe sondes bly skep en uitdink. Die anti-wit volksmoordenaar het sommer vir Orania ingesleep en gesê Orania moet waai. Continue reading…
Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met ‘n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite. Continue reading…
Die Gesamentlike Komitee vir Etiek het bevind dat Malema die etiese kode vir parlementslede oortree het deur nie die wet te handhaaf nie, toe hy ‘n beroep op buitelandse burgers gedoen het om ‘kreatiewe maniere’ te vind om SA onwettig binne te dring, nadat grense gesluit is gedurende die Covid inperking in Januarie. Continue reading…
Dit is al duidelik dat SA se wetstoepassers, die polisie, nie geskik vir hul doel is nie, maar nou val die howe self uitmekaar uit. Kuberkrakers het die howe in Suid-Afrika se netwerkstelsels binnegedring en dit lam gele, wat vrese laat ontstaan dat mense en besighede wat transaksies met die howe doen, se bankbesonderhede in die gedrang gekom het, en dalk openbaar word. Daar is ook wydverspreide onderbrekings van baie van die regering se webwerwe na ondergrondse internetkabels Vrydagoggend beskadig is. Terselfdertyd is die Potgietersrus-landdroshof en speurtak al vier dae sonder krag, na die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit die krag gesny het weens wanbetaling. Continue reading…
‘n Wrede plaasaanval is die nag van 8 September 2021, om 20:00, in Kortfontein tussen Koster en Derby in die Noordwes provinsie uitgevoer. Chris Barnard en sy vrou Hesta is in hul huis deur drie aanvallers oorval en vir vier ure gemartel. Continue reading…
As jy ‘n swart onwettige buitelander van Zimbabwe is, kan jy ‘n egte Suid Afrikaanse Paspoort sommer gou gou koop vir R45,000 by Binnelandse Sake, maar as jy wetsgehoorsame blanke is, kan jy jare wag vir ‘n basiese dokument. Inderdaad, in Ierland word Suid Afrikaners vertel hulle kan tot drie jaar wag vir dokumente wat hul verblyf status erg affekteer! Sulke verhale is volop op Facebook groepe soos Suid Afrikaners in Nederland, waar expats mekaar probeer help met die burokrasie, korrupsie en onbekwaamheid van ANC se Binnelandse Sake. Continue reading…
Die afgelope naweek het die Lone Wolves Vaal Motorfietsklub tesame met Boere Gemeenskap Transvaal en ICC Church Kenmare ‘n projek aangepak om ‘n totaal van 140 kospakkies te oorhandig aan arm blanke gesinne wat by die Laerskool Generaal de la Rey in Florida byeengekom het. Elke kospakkie bevat genoeg blikkieskos, meel en ander items om ‘n gesin van vyf te voed. Continue reading…
Daar is glo ‘n vlaag van kapings in Drie Riviere, maar die polisie weet van niks. Sosiale media aan die ander kant is aan die gons oor ‘n groep mans wat glo ’n skrikbewind in Drie Riviere voer, en mense probeer kaap. Die polisie sê egter hulle dra geen kennis hiervan nie. Wie moet mense nou glo? Continue reading…
Hanlie Geldenhuis, ‘n weerlose bejaarde vrou, met die ryp ouderdom van 94 jaar, se lewe het tragies tot ‘n einde gekom aan die hand van ‘n onbekende aantal barbare. Hulle het haar die nag van 27 Augustus 2021 summier deur die venster geskiet. op haar plaas in Kalbasfontein, in Westonaria, Oos van Fochville, in die Gauteng-provinsie van Suid-Afrika. Continue reading…
Nog ‘n onskadelike, weerlose bejaarde blanke egpaar is wreed vermoor deur hul swart tuinier, hierdie keer in Sasolburg. Dit is uiters onwaarskynlik dat ‘n normale redelike persoon hul eie werkgewer sou vermoor en hul eie inkomste beëindig, vir slegs ‘n paar skamele besittings wat med medepligtiges gedeel moet word, so dit is NIE “normale misdaad” nie! Ons moet vra of die tuinier deur lede van die EFF, PAC of BLF geradikaliseer is, met die valse gronddiefstal narratief? Was dit ‘n haat misdaad wat vermom is as roof wat verkeerd gegaan het? Waarom vra niemand die politieke affiliasies van die oortreders as hulle swart is nie? Maar as hulle wit is en die slagoffers swart was, sou politieke affiliasies oral in die hoofopskrifte en polisie ondersoeke verskyn! Continue reading…
Op 22 Augustus is die polisie in kennis gestel van die voorval en mediese personeel is ook ingelig. Volgens polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, is die vrou by aankoms dood verklaar. ‘n Moordsaak is geopen en polisiebeamptes by die Kanyamazane polisiekantoor het daarna ‘n soektog na verdagtes begin. Continue reading…
Die polisie is skaars weg toe is daar gewapende swart aanvallers in hul kombuis! Of die terroriste is nie bang vir polisie nie, of die polisie is aandadig? Gerald van Jaarsveld (32) op 29 Julie 2021, ses keer deur swart aanvallers geskiet tydens die huisinval in Brakpan, waarna hy vir 2 weke moedig om sy lewe geveg het, in die Chris Hani Baragwanath hospitaal, maar het sy stryd om oorlewing verloor en is op Saterdagoggend 14 Augustus in die hospitaal oorlede, na hy infeksie in die hospitaal gekry het. Maar dit is niks nuuts nie, ons beleef ‘n stille volksmoord verbloem as gewone misdaad en slegte dienslewering. Continue reading…
#EndCadreDeployment Die amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie (DA), het aan die waarnemende speaker van die nasionale vergadering, Lechesa Tsenoli, geskryf en gevra vir ‘n parlementêre debat oor die sosialistiese kaderontplooiing wat deur die African National Congress (ANC) toegepas word, omdat hulle glo dit het gelei tot die ineenstorting van die staat. Hulle het hierdie versoek as ‘n saak van nasionale belang beklemtoon. Continue reading…
“Herstel ons waterbronne of kry privaatinstellings om die werk gedoen te kry.” Dit is die boodskap wat TLU SA met ‘n nuwe veldtog oor water aan die ANC se Departement van Water en Sanitasie én die regering wil stuur.
Vandag in geskiedenis: Dit is reeds 56 jaar gelede wat Suid-Afrika se eerste baanbreker atoomreaktor, SAFARI-1 (Suid-Afrikaanse Fundamentele Atoomreaktor Installasie-1) by Pelindaba kragstasie deur Dr. H.F. Verwoerd geopen is.
Die potensiaal wat daardie aanleg darem gehad het…
En 137 jaar gelede is die Nieuwe Republiek in Suid-Afrika gestig. Die hoofstad was Vryheid.
Ses gewapende plaasaanvallers het ‘n boer se werkers gebruik om hom en sy vrou uit die huis te lok in die vroeë oggendure in Noordwes. Die ses gewapende aanvallers het die werkers oorval, aangerand en vasgebind. Een van die werkers was forseer om die boer te bel, en ‘n lokval op te stel met die storie dat een van hulle siek is en dadelik hulp nodig het. Op hierdie manier is Gert en Elna Botha, uit hul huis gelok. Nodeloos om te se, het die aanvallers op die egpaar se voertuig losgebrand, die oomblik toe hulle by die werkers stilgehou het.