AfriForum ondersteun die gemeenskap in Frankfort in ‘n dringende hofaansoek om ‘n interdik teen die Mafube Plaaslike Munisipaliteit te bekom om sodoende die munisipaliteit te verplig om onwettige rioolstorting in die Wilgerivier te stop.
Dit is enige regering se primêre taak om wet en orde te handhaaf en stabiliteit te verseker, maar die ANC regering, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Polisie en weermag, het oor die laaste weke in hierdie verantwoordelikheid geheel en al misluk. Regoor die land moes mense hulself, hul families, hul eiendom, en gemeenskappe verdedig en terselfdertyd beveilig, in ʼn tyd van grootskaalse onluste en anargie. Gelukkig is daar nog burghers met wapens wat die taak kan verrig in die afwesigheid van die SAPD en SANW. En wat nog erger was, is dat die arme inwoners deur die einste SAPD vermaan is omdat hul optredes glo onwettig was!
‘n Enorme wanbalans in etiek vier hoogdy in SA. Die oor-, neus- en keel-spesialis, hoof van Bedfordview (ENT), dr Ivan Jardine, is op 16 Julie om 22:00 naby Park Meadows in hegtenis geneem weens die verbreking van die aandklokreël, maar hy is vasbeslote om aan te hou om pasiënte in nood te help, ondanks die feit dat hulle byna 12 uur in die polisie se aanhouding spandeer het.
SA se private hospitale word getref deur opgeskorte elektiewe operasies, en ‘n agterstand is besig om te ontwikkel na Suid-Afrika se privaat gesondheidsorgondernemings nie-noodgeval en nie-dringende operasies, op verskillende tye in die pandemie opgeskort, om hulpbronne vry te stel vir die stryd teen Covid-19. Dit het hospitale se inkomste benadeel en gelei tot ‘n agterstand van elektiewe operasies.
Gauteng sal heel waarskynlik negatief geaffekteer word deur die sluiting van die grootste olieverwerkingsaanleg in Afrika, suid van die Sahara, volgens die Outomobiel Assosiasie (AA). By verskeie vulstasies in Gauteng en KwaZulu-Natal staan motoriste reeds in rye om hulle motors met brandstof vol te maak.
Transnet het Woensdag gesê dat een van die belangrikste spoorlyne in die land, wat Durban met Gauteng verbind tydelik gaan sluit. Die aankondiging kom kort op die hakke van die tydelike sluiting van SAPREF olieraffinadery.
Die VF Plus in die Gauteng het die Gautengse Polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, dringend versoek om polisielede beter toe te rus, met genoegsame vuurwapens, ammunisie en voertuie om die huidige gewelddadige onluste onder beheer te bring.
Durban se eThekwini-munisipaliteit meen hulle is die die eerste in die land om voorstelle in te win vir private kragopwekking. Die vraag is nogsteeds, waarom kan mense nie direk aan Eskom hul betalings maak nie, om te verhoed dat Munisipaliteite betalings steel?
Nuus.net het verlede week berig oor die stand van riool in Emfuleni op die Wesrand, wat gepaard gaan met die gebrek van dienslewering van munisipaliteite, en gebrek aan instandhouding. Dit is nou nie meer net ‘n ongerief nie, maar raak onveilig en ongesond, en in DA beheerde Tableview in die Kaap ontwrig dit normale lewe. Dit blyk asof raadslede nie weet wat ecoli is nie?
Eens pragtige plattelandse dorpies is nou vieslike misdaad paradyse waar die mense in dorpies soos Edenville in die Vrystaat steier onder misdaad. Edenville in die Noord Vrystaat is besig om in ‘n misdaad mekka te verander, en daar is omtrent nie meer een hond in die dorp oor nie, omdat “our people” uit die lokasie kom en die honde vergiftig.
Een uit drie mense ontvang welsyn in ANC se SA! Die ANC het dit uiteindelik dit reggekry om ‘n eerste wêreld land heeltemal om te keer na ‘n sosialistiese humanitêre rampgebied, en self die ekonomie is nou heeltemal omgedraai! Onder die sosialistiese ANC regime het Suid-Afrika se aantal werkgeleenthede en maatskaplike toelaes, die afgelope twintig jaar effektief omgekeer, en dit is nie volhoubaar nie en is dus nou een van die land se grootste risikos, sê Nkosana Mashiya, uitvoerende hoof van Risikobestuur by Capitec.
TLU SA vind Bheki Cele se minagting van die hoogste hof in die land, deur sy versuiming om Zuma in hegtenis te neem, tekenend van die magsmisbruik wat in die ANC regering heers. Volgens TLU SA is dit die minister van polisie én nasionale polisiekommissaris Kehla Sithole, se mening dat hulle kan aan die konstitusionele hof voorsê of hulle skuldiges in hegtenis gaan neem of nie.
Deesdae begin meer en meer mense van die huis en weg van Stadsentrums te werk, en Orania beplan om diê geleentheid te gebruik om meer mense te lok deur ordentlike internet infrastruktuur op te stel. Die Orania Dorpskantoor se infrastruktuurontwikkeling om hoë spoed internet in Orania te realiseer is goed aan die gang.
Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het ‘n verklaring uitgereik na afloop van ʼn byeenkoms van verskeie organisasies en groepe op 23 Junie 2021 te Pretoria, waarin die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet, wat in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is, bespreek was. Volgens die Ad Hoc groep word Vuurwapenbeheer Konsepwetgewing gesien as nog ʼn aanslag op eiendomsreg.
‘n Onderneming van Hartbeesfontein, Supreme Poultry, het uit desperaatheid self R100,000 betaal om waterpype te koop, om stukkende munisipale waterpype te herstel, nadat die gebied vir amper ‘n week sonder water was. Supreme Poultry moes ook teen astronomiese koste self nuwe water reservoirs op hulle eie perseel oprig, vir wanneer daar weer nie water is nie.