Met ons help kan U of U gemeenskap nou ‘n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net). Continue reading…
Dit neem slegs ‘n paar klieks om blomme, sjokolade, geskenke, geskenkmandjies, kaarte, linne, klere en selfs drank na enige plek in Suid-Afrika te stuur, of na die buiteland. Ons het plaaslike kantore oraloor, en aflewering van blomme betyds, is nooit ‘n probleem nie. Continue reading…
Die Gesamentlike Komitee vir Etiek het bevind dat Malema die etiese kode vir parlementslede oortree het deur nie die wet te handhaaf nie, toe hy ‘n beroep op buitelandse burgers gedoen het om ‘kreatiewe maniere’ te vind om SA onwettig binne te dring, nadat grense gesluit is gedurende die Covid inperking in Januarie. Continue reading…
‘n Wrede plaasaanval is die nag van 8 September 2021, om 20:00, in Kortfontein tussen Koster en Derby in die Noordwes provinsie uitgevoer. Chris Barnard en sy vrou Hesta is in hul huis deur drie aanvallers oorval en vir vier ure gemartel. Continue reading…
“Gee dit terug aan Suid-Afrika” – Beyoncé en Tiffany & Co word daarvan beskuldig dat hulle ‘n “gesteelde bloeddiamant” gebruik het in hul advertensieveldtog. Hierdie storie ontbloot nie net die onkunde in die wêreld oor Suid Afrika se geskiedenis nie, maar meer en meer, word groot multinasionale maatskappye wat ryk geword het uit kolonialisme, maar wat aanhoudend Suid Afrikaanse blankes blameer, uitgevang wanneer hulle agter swartes probeer wegkruip om hul sondes te probeer verdoesel, en hul enorme profyte in onskuld te dek. Continue reading…
Vandag in geskiedenis: Dit is reeds 56 jaar gelede wat Suid-Afrika se eerste baanbreker atoomreaktor, SAFARI-1 (Suid-Afrikaanse Fundamentele Atoomreaktor Installasie-1) by Pelindaba kragstasie deur Dr. H.F. Verwoerd geopen is.
Die potensiaal wat daardie aanleg darem gehad het…
En 137 jaar gelede is die Nieuwe Republiek in Suid-Afrika gestig. Die hoofstad was Vryheid.
Ses gewapende plaasaanvallers het ‘n boer se werkers gebruik om hom en sy vrou uit die huis te lok in die vroeë oggendure in Noordwes. Die ses gewapende aanvallers het die werkers oorval, aangerand en vasgebind. Een van die werkers was forseer om die boer te bel, en ‘n lokval op te stel met die storie dat een van hulle siek is en dadelik hulp nodig het. Op hierdie manier is Gert en Elna Botha, uit hul huis gelok. Nodeloos om te se, het die aanvallers op die egpaar se voertuig losgebrand, die oomblik toe hulle by die werkers stilgehou het.
Nog 2 bejaarde blanke ou mans vermoor in hulle huise gevind. Kort na die moord op mnr Thomas Glen Love (89), wat vermoor gevind is in sy Storms River huis in die Oos Kaap op 31 Julie 2021, is mnr Kallie Van Heerden (78) vermoor in sy huis in Christiana. Gaan ons werklik almal op ons ou dag vermoor word? En nee, al is dit net “gewone misdaad” is dit NIE normaal en nie aanvaarbaar nie! Noem dit wat dit is – swart op wit volksmoord.
Die meerderheid van Suid Afrika het ‘n sterk daling in temperature gesien, omdat ‘n kragtige Antarktiese front die dele van die suidelike Afrika-vasteland, insluitend Namibië en Botswana, aangryp. Beelde is gedeel op sosiale media van Sutherland Observatory in die Noord-Kaap bedek met ‘n stewige kombers sneeu.
‘n Onderneming van Hartbeesfontein, Supreme Poultry, het uit desperaatheid self R100,000 betaal om waterpype te koop, om stukkende munisipale waterpype te herstel, nadat die gebied vir amper ‘n week sonder water was. Supreme Poultry moes ook teen astronomiese koste self nuwe water reservoirs op hulle eie perseel oprig, vir wanneer daar weer nie water is nie.
Die sentiment in die Suid-Afrikaanse landboubedryf het in die tweede kwartaal tot ‘n nuwe hoogtepunt gestyg, ondersteun deur die verwagtinge van rekordoes en goeie kommoditeitspryse.