Met ons help kan U of U gemeenskap nou ‘n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net). Continue reading…
Dit neem slegs ‘n paar klieks om blomme, sjokolade, geskenke, geskenkmandjies, kaarte, linne, klere en selfs drank na enige plek in Suid-Afrika te stuur, of na die buiteland. Ons het plaaslike kantore oraloor, en aflewering van blomme betyds, is nooit ‘n probleem nie. Continue reading…
Die Nag Hoort aan die Swart Totsi wyl Blankes Agter Tralies in hul Huise Moet Skuil – Brent Burger (48) het laas Donderdag 14 Oktober eers bewus geraak dat hy deur sy wang geskiet was toe die koeël ook uitkom saam met 2 tande wat hy moes uitspoeg. Continue reading…
Daar is glo ‘n vlaag van kapings in Drie Riviere, maar die polisie weet van niks. Sosiale media aan die ander kant is aan die gons oor ‘n groep mans wat glo ’n skrikbewind in Drie Riviere voer, en mense probeer kaap. Die polisie sê egter hulle dra geen kennis hiervan nie. Wie moet mense nou glo? Continue reading…
Op 14 Augustus is dit jaarliks Afrikaanse Taaldag en word dit herdenk as die geboortedag van Afrikaans want op die datum op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) te Paarl gestig. Derhalwe is Afrikaans vanjaar 146 jaar oud. In die tydperk is Afrikaans uitgebrei tot akademiese en wetenskapstaal wat volgens Prof Wannie Carstens, bekende taalkundige, een van vyf vereistes vir oorlewing van enige taal is, wel, dit is totdat globalisme aangekom het… Continue reading…
#EndCadreDeployment Die amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie (DA), het aan die waarnemende speaker van die nasionale vergadering, Lechesa Tsenoli, geskryf en gevra vir ‘n parlementêre debat oor die sosialistiese kaderontplooiing wat deur die African National Congress (ANC) toegepas word, omdat hulle glo dit het gelei tot die ineenstorting van die staat. Hulle het hierdie versoek as ‘n saak van nasionale belang beklemtoon. Continue reading…
Swart Volkstaat? Stel jou voor dat die Wes-Kaap uiteindelik stem om ‘n onafhanklike land te word, wat die ANC en EFF aanspoor om hul busse van landelike swartes uit die Oos-Kaap, te verdubbel, om hulle in die uitgestrekte plakkerskampe buite Kaapstad af te laai. Wanneer daar dan genoeg swartes ingevoer is om die meerderheid te word, stem hulle die ANC aan bewind in Kaapstad, en skop die blankes en bruin mense uit? Maar dit is rassisties, sê jy? Wel, volgens die resultate van ‘n onlangse peiling, blyk dit asof die helfte van die swartes in die Wes-Kaap geen probleem het om ander rasse van ‘n volkstaat of etnostaat uit te sluit nie. Maar ons weet dit reeds, gegewe die rassistiese BSEB -regulasies en baie ander rasgebaseerde ANC inisiatiewe – kyk net na die gebrek aan ander rasse in Ramaphosa se nuwe kabinet! Continue reading…
Reisigers van Suid Afrika word nou toegelaat om Duitsland binne te gaan, nadat hulle sedert middel Januarie verbied is om die land te besoek. Reisigers wat volledig ingeënt is, sal nie gedwing word om te kwarantyn nie.
Durban se eThekwini-munisipaliteit meen hulle is die die eerste in die land om voorstelle in te win vir private kragopwekking. Die vraag is nogsteeds, waarom kan mense nie direk aan Eskom hul betalings maak nie, om te verhoed dat Munisipaliteite betalings steel?
Nuus.net het verlede week berig oor die stand van riool in Emfuleni op die Wesrand, wat gepaard gaan met die gebrek van dienslewering van munisipaliteite, en gebrek aan instandhouding. Dit is nou nie meer net ‘n ongerief nie, maar raak onveilig en ongesond, en in DA beheerde Tableview in die Kaap ontwrig dit normale lewe. Dit blyk asof raadslede nie weet wat ecoli is nie?
‘n Inwoner van Stellenbosch, wat altyd sonder masker sy inkopies gaan doen, is gister by Woolworths in Stellenbosch Square gestop en gevra waar is sy masker. Hy het toe vir die wag en bestuurder verduidelik dat hy nie masker dra nie en dat die hooggeregshof in Julie 2020 die regering se wetgewing onwettig verklaar het. Hy het toe die hofbevel gewys en was toegelaat om in Woolworths inkopies te doen sonder masker. Hy vertel self wat gebeur het…