Met ons help kan U of U gemeenskap nou ‘n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net). Continue reading…
Asof dit nie erg genoeg was dat ons forseer was om in ons eie huise te bly nie, blyk dit dat dit nie lank is voor ons eie asem gemeet en getel sal word nie! ‘n Nederlandse Bankier en professor, Barbara Baarsma van Rabobank, wil vir burgers persoonlike jaarlikse CO₂ kwotas gee! Sy het vroeër die maand die skokkende voorstel gemaak op die besigheidsbesprekingsprogram, “Zakendoen” op BNR-radio. Continue reading…
As deel van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se “Groot Herstel”-agenda vir die mensdom, sluit Ierse leiers aan by hul mede samesweerders in Nederland, Duitsland en Kanada om boere en hul plase uit te faseer, en wêreldwye voedseltekorte verder in gevaar te stel. Die Ierse regering beplan om ‘n vermindering van emissies van ongeveer 28 persent op boere af te dwing. Continue reading…
Die vier dae lange vergadering van die wêreld oorheersende Wêreld Ekonomiese Forum lede, het onder groot bewaking, vanaf 22 Mei begin. Na twee jaar van afwesigheid, as gevolg van die korona-hipnose, word dit agter ‘n mag van 5,000 soldate en polisie gehou, en die gebied rondom en bokant Davos in Switserland word streng beskerm, selfs met ‘n “no fly zone”. Continue reading…
Nadat baie mense en organisasies soos PANDA, die Solidariteit Beweging en Nuus.net, nou al vir amper 2 jaar vir die ANC gesê het dat lockdowns nie werk nie – en die bietjie van die ekonomie wat oorgebly het verder sal vernietig – en organisasies soos AfriForum en Solidariteit drakoniese lockdown maatreëls ook in die hof probeer beveg het – waar die ANC se handpop regters alle aansoeke teen die ANC se lockdowns en noodtoestand eenvoudig afgeskiet het, is lockdowns en kwarantyn prosedure nou so stil-stil effektief afgeskaf. Continue reading…
Hoe groot ‘n leuen sou jy vertel vir $156 miljard USD? ‘n Mens hoef net na die groot getalle wat betrokke is te kyk, om te besef dat Suid-Afrikaners gefop is, ter waarde van $156 BILJOEN USD! Suid-Afrikaners is letterlik met valse skuldgevoelens gekul om hul land aan globalistiese bankiers weg te gee, vir skynheiligheid. Suid-Afrikaners is ook mislei om hul agterkleinkinders se toekoms uit te verkoop. Tydens Apartheid was Suid-Afrika skuldvry, maar nadat Mandela vrygelaat is, het SA in 1992 reguit na die 4de plek van nasies met skuld in Afrika gespring! Nou in 2021 het Suid-Afrika die meeste buitelandse skuld in Afrika, nadat die ANC DUBBEL die buitelandse skuld van die 2de geplaasde land in Afrika, bestee het! Dink U nog die einde van Apartheid het enigiets met rassisme te doene gehad? Continue reading…
Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het kennis geneem van Jesse Duarte, ANC Sekretaris-Generaal, se uitlatings oor Onteiening sonder Vergoeding tydens ʼn media konferensie Maandag. Tydens die onderhoud het sy op die ideologiese snaar voortborduur dat Onteiening sonder Vergoeding (OSV) die kern is van ekonomiese ontwikkeling. Continue reading…
Swart Volkstaat? Stel jou voor dat die Wes-Kaap uiteindelik stem om ‘n onafhanklike land te word, wat die ANC en EFF aanspoor om hul busse van landelike swartes uit die Oos-Kaap, te verdubbel, om hulle in die uitgestrekte plakkerskampe buite Kaapstad af te laai. Wanneer daar dan genoeg swartes ingevoer is om die meerderheid te word, stem hulle die ANC aan bewind in Kaapstad, en skop die blankes en bruin mense uit? Maar dit is rassisties, sê jy? Wel, volgens die resultate van ‘n onlangse peiling, blyk dit asof die helfte van die swartes in die Wes-Kaap geen probleem het om ander rasse van ‘n volkstaat of etnostaat uit te sluit nie. Maar ons weet dit reeds, gegewe die rassistiese BSEB -regulasies en baie ander rasgebaseerde ANC inisiatiewe – kyk net na die gebrek aan ander rasse in Ramaphosa se nuwe kabinet! Continue reading…
Dit is verbasend dat ‘n Engelstalige saketydskrif soos Business Day nog na vore kan kom met die retoriese vraag of Suid Afrikaners gelyke regte het. Die gelaaide stelling is opgetel en vertaal na Afrikaans deur professor in sielkunde en kriminologie aan die Universiteit van Suid-Afrika, Chris Nortje. Chris se antwoord was reg en pront uit, “Nee. Jong blankes kan nie eers werk kry in hierdie land nie!“
Stel U voor ‘n ontploffing aan die ver kant van die son, so kragtig, dat ons dit aan hierdie kant, hier op aarde, kan voel. Wel, dit het net gebeur, TWEE keer op 13 en 16de Julie! Die plasma het na vore gekom in ‘n sirkelvormige wolk wat bekend staan as ‘n halo-CME (Coronal Mass Ejection). Ondanks die feit dat die massiewe liggaam van die son die ontploffings geblokkeer het, het energieke deeltjies die aarde nog steeds gepeper. Die skrikwekkende deel is, dat sou dit aan ons kant van die son gebeur het, sou U miskien nie die berig op U elektroniese toestel lees of hoor nie, aangesien so ‘n groot CME vernietigende effekte op die Aarde se magnetieseveld kan hê, dat alle elektroniese en elektriese toerusting kan braai!
Gauteng sal heel waarskynlik negatief geaffekteer word deur die sluiting van die grootste olieverwerkingsaanleg in Afrika, suid van die Sahara, volgens die Outomobiel Assosiasie (AA). By verskeie vulstasies in Gauteng en KwaZulu-Natal staan motoriste reeds in rye om hulle motors met brandstof vol te maak.
Transnet het Woensdag gesê dat een van die belangrikste spoorlyne in die land, wat Durban met Gauteng verbind tydelik gaan sluit. Die aankondiging kom kort op die hakke van die tydelike sluiting van SAPREF olieraffinadery.
‘n Veeveiling is ‘n belangrike gebeurtenis op die platteland, en niemand weet dit beter as Cyril Ramaphosa, wie aankondiging het dat veilings nou weer mag plaasvind. Die aankondiging is deur die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) verwelkom na hulle hard agter die skerms gewerk het om die heropening van veilings te motiveer. Gesondheidsprotokolle is noodsaaklik, maar alle samekomste by landbou- en wildveilings word nou weer toegelaat.
Dalk moet die sosialistiese Demokrate in die VSA plekke verhandel met Kubane wat deur die hel moet gaan wat sosialisme skep? Kubane gaan nou die strate in om te protesteer teen die totalitarisme waaronder hulle geslagte lank gely het. Die Amerikaanse senator Rep Nicole Malliotakis, van New York, het die Biden-regering toegesnou vir hul reaksie, of die gebrek daaraan, op die voortslepende onrus in Kuba, terwyl sy ook Obama kritiseer het vir sy hulp aan die Kubaanse regime sonder om die Kubaanse mense te help. Klink soos wat die ANC doen.
Durban se eThekwini-munisipaliteit meen hulle is die die eerste in die land om voorstelle in te win vir private kragopwekking. Die vraag is nogsteeds, waarom kan mense nie direk aan Eskom hul betalings maak nie, om te verhoed dat Munisipaliteite betalings steel?
Een uit drie mense ontvang welsyn in ANC se SA! Die ANC het dit uiteindelik dit reggekry om ‘n eerste wêreld land heeltemal om te keer na ‘n sosialistiese humanitêre rampgebied, en self die ekonomie is nou heeltemal omgedraai! Onder die sosialistiese ANC regime het Suid-Afrika se aantal werkgeleenthede en maatskaplike toelaes, die afgelope twintig jaar effektief omgekeer, en dit is nie volhoubaar nie en is dus nou een van die land se grootste risikos, sê Nkosana Mashiya, uitvoerende hoof van Risikobestuur by Capitec.
Die ANC regime het stelselmatig oor twee dekades, Suid Afrika se soewereine bates en geld in hul eie privaat sakke oorgedra, en die staatsentiteite verander na ashope!
Deesdae begin meer en meer mense van die huis en weg van Stadsentrums te werk, en Orania beplan om diê geleentheid te gebruik om meer mense te lok deur ordentlike internet infrastruktuur op te stel. Die Orania Dorpskantoor se infrastruktuurontwikkeling om hoë spoed internet in Orania te realiseer is goed aan die gang.
Orania het laas maand op ekonomiese terrein ʼn baie belangrike tree geneem toe die Ora, Orania se eie geldeenheid wat aan die Rand vasgepen is, ‘n digitale weergawe gekry het, wat aan die gemeenskap vrygestel is! Die dOra is ʼn projek wat al vir ʼn hele ruk ontwikkel word, en na verskillende ‘voertuie’ vir hierdie projek oorweeg is, is daar verlede jaar heelwat vordering gemaak en ʼn toepassing is gebou.