Met ons help kan U of U gemeenskap nou ‘n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net). Continue reading…
Asof dit nie erg genoeg was dat ons forseer was om in ons eie huise te bly nie, blyk dit dat dit nie lank is voor ons eie asem gemeet en getel sal word nie! ‘n Nederlandse Bankier en professor, Barbara Baarsma van Rabobank, wil vir burgers persoonlike jaarlikse CO₂ kwotas gee! Sy het vroeër die maand die skokkende voorstel gemaak op die besigheidsbesprekingsprogram, “Zakendoen” op BNR-radio. Continue reading…
Hoe het Rusland en Oekraïne in die antieke wêreld gelyk? Dit is baie insiggewend as ons in die geskiedenis gaan delf om vandag se wêreld te verstaan, omdat baie hedendaagse gebeurtenisse maak soms op sigself geen sin nie. Continue reading…
Familie, vriende en ‘n groeiende groep besorgde ondersteuners van Ashley Oosthuizen (22), ‘n jong Suid-Afrikaanse meisie, wat twee jaar gelede lewenslank in ‘n Thaise tronk toegesluit was, doen ‘n beroep op die ANC-regering in SA om dringend aandag aan haar saak te gee. Oosthuizen se familie vrees ook dat hulle haar nou min sal kan kontak, nadat sy onlangs na ‘n nuwe tronk verskuif is. Haar ouers het glo in Desember verlede jaar laas met haar gepraat. Continue reading…
Dit neem slegs ‘n paar klieks om blomme, sjokolade, geskenke, geskenkmandjies, kaarte, linne, klere en selfs drank na enige plek in Suid-Afrika te stuur, of na die buiteland. Ons het plaaslike kantore oraloor, en aflewering van blomme betyds, is nooit ‘n probleem nie. Continue reading…
Nadat baie mense en organisasies soos PANDA, die Solidariteit Beweging en Nuus.net, nou al vir amper 2 jaar vir die ANC gesê het dat lockdowns nie werk nie – en die bietjie van die ekonomie wat oorgebly het verder sal vernietig – en organisasies soos AfriForum en Solidariteit drakoniese lockdown maatreëls ook in die hof probeer beveg het – waar die ANC se handpop regters alle aansoeke teen die ANC se lockdowns en noodtoestand eenvoudig afgeskiet het, is lockdowns en kwarantyn prosedure nou so stil-stil effektief afgeskaf. Continue reading…
WAAR IS DIE VOLK? Die meerderheid Afrikaans sprekendes is nie-Europeërs, en so ook is die meerderheid radio RSG luisteraars nie-Europeërs. Vra nie waar is die volk se leiers nie, maar vra eerder waar is die volk? Hulle klouter by die Toring van Babel op om naam te maak, as die reënboognasie Suid Afrika, en om “Een” te wees. Continue reading…
Panyaza Lesufi, die Hoë Priester van swart supremasisme en Afrikaner hater van formaat, het beweer regstellende aksie – as jy wit is, is jy uit – is hier om te bly “totdat die sondes van jou voorvaders uitgewis is.” Dit sal natuurlik vir ewig wees want die ANC sal maar altyd nuwe sondes bly skep en uitdink. Die anti-wit volksmoordenaar het sommer vir Orania ingesleep en gesê Orania moet waai. Continue reading…
Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met ‘n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite. Continue reading…
Die afgelope naweek het die Lone Wolves Vaal Motorfietsklub tesame met Boere Gemeenskap Transvaal en ICC Church Kenmare ‘n projek aangepak om ‘n totaal van 140 kospakkies te oorhandig aan arm blanke gesinne wat by die Laerskool Generaal de la Rey in Florida byeengekom het. Elke kospakkie bevat genoeg blikkieskos, meel en ander items om ‘n gesin van vyf te voed. Continue reading…
Die Portefeuljekomitee vir Justisie en Korrektiewe Dienste in die SA parlement het openbare kommentaar gevra op die opgedateerde wetsontwerp op die voorkoming van haatspraak en haatmisdaad, wat bedoel is om behoorlike straf op genoemde misdade op te lê. Die nuwe definisie van “haatmisdaad” is wanneer iemand ‘n ander persoon seermaak met opmerkings of beledigende opmerkings. Seermaak word gedefinieer as enige emosionele, sielkundige, fisiese, sosiale of ekonomiese skade. Volgens die nuwe wetsontwerp is dit dus ‘n misdaad om BSEB te bevorder en te adverteer. Dit sal ook ‘n misdaad wees om Kill The Boer Kill The Farmer te sing, of dreig om blankes se grond te neem, want dit veroorsaak beslis groot emosionele skade, trauma en skade. Continue reading…
‘n Week gelede is Postmasburg se blanke melkman, Andries de Klerk (57), in die swart lokasie van Postmasburg met klippe doodgegooi terwyl hy melk daar afgelewer het, en nou is ‘n 64 jarige vrygewige Ouma van Dewetsdorp in die Vrystaat wreed met ‘n stomp voorwerp doodgeslaan, asof sy n rob is, tydens ‘n voertuigkaping terwyl sy ‘n TV stel aangery het na ‘n inwoner in die lokasie. Continue reading…
Op 22 Augustus is die polisie in kennis gestel van die voorval en mediese personeel is ook ingelig. Volgens polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, is die vrou by aankoms dood verklaar. ‘n Moordsaak is geopen en polisiebeamptes by die Kanyamazane polisiekantoor het daarna ‘n soektog na verdagtes begin. Continue reading…
“Gee dit terug aan Suid-Afrika” – Beyoncé en Tiffany & Co word daarvan beskuldig dat hulle ‘n “gesteelde bloeddiamant” gebruik het in hul advertensieveldtog. Hierdie storie ontbloot nie net die onkunde in die wêreld oor Suid Afrika se geskiedenis nie, maar meer en meer, word groot multinasionale maatskappye wat ryk geword het uit kolonialisme, maar wat aanhoudend Suid Afrikaanse blankes blameer, uitgevang wanneer hulle agter swartes probeer wegkruip om hul sondes te probeer verdoesel, en hul enorme profyte in onskuld te dek. Continue reading…
Sneeuval lyk tans moontlik in alle provinsies in Suid-Afrika, asook Namibië, Lesotho en Swaziland vanaf later die week. Johannesburg en Pretoria is ook op hierdie stadium in die sneeusone. Continue reading…
HUGO, BEL DIE BURE! ‘n Plaasaanval is die aand van 15 Augustus 2021, om 20:15, op ‘n plaas in die Tweespruit omgewing in die Vrystaat provinsie gefnuik. Wakker boere het gereageer op ‘n oproep van ‘n buurplaas nadat drie aanvallers op die perseel waargeneem is. Continue reading…
Op 14 Augustus is dit jaarliks Afrikaanse Taaldag en word dit herdenk as die geboortedag van Afrikaans want op die datum op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) te Paarl gestig. Derhalwe is Afrikaans vanjaar 146 jaar oud. In die tydperk is Afrikaans uitgebrei tot akademiese en wetenskapstaal wat volgens Prof Wannie Carstens, bekende taalkundige, een van vyf vereistes vir oorlewing van enige taal is, wel, dit is totdat globalisme aangekom het… Continue reading…
#EndCadreDeployment Die amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie (DA), het aan die waarnemende speaker van die nasionale vergadering, Lechesa Tsenoli, geskryf en gevra vir ‘n parlementêre debat oor die sosialistiese kaderontplooiing wat deur die African National Congress (ANC) toegepas word, omdat hulle glo dit het gelei tot die ineenstorting van die staat. Hulle het hierdie versoek as ‘n saak van nasionale belang beklemtoon. Continue reading…