Met ons help kan U of U gemeenskap nou ‘n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net). Continue reading…
WAAR IS DIE VOLK? Die meerderheid Afrikaans sprekendes is nie-Europeërs, en so ook is die meerderheid radio RSG luisteraars nie-Europeërs. Vra nie waar is die volk se leiers nie, maar vra eerder waar is die volk? Hulle klouter by die Toring van Babel op om naam te maak, as die reënboognasie Suid Afrika, en om “Een” te wees. Continue reading…
Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met ‘n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite. Continue reading…
Die Portefeuljekomitee vir Justisie en Korrektiewe Dienste in die SA parlement het openbare kommentaar gevra op die opgedateerde wetsontwerp op die voorkoming van haatspraak en haatmisdaad, wat bedoel is om behoorlike straf op genoemde misdade op te lê. Die nuwe definisie van “haatmisdaad” is wanneer iemand ‘n ander persoon seermaak met opmerkings of beledigende opmerkings. Seermaak word gedefinieer as enige emosionele, sielkundige, fisiese, sosiale of ekonomiese skade. Volgens die nuwe wetsontwerp is dit dus ‘n misdaad om BSEB te bevorder en te adverteer. Dit sal ook ‘n misdaad wees om Kill The Boer Kill The Farmer te sing, of dreig om blankes se grond te neem, want dit veroorsaak beslis groot emosionele skade, trauma en skade. Continue reading…
Op 14 Augustus is dit jaarliks Afrikaanse Taaldag en word dit herdenk as die geboortedag van Afrikaans want op die datum op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) te Paarl gestig. Derhalwe is Afrikaans vanjaar 146 jaar oud. In die tydperk is Afrikaans uitgebrei tot akademiese en wetenskapstaal wat volgens Prof Wannie Carstens, bekende taalkundige, een van vyf vereistes vir oorlewing van enige taal is, wel, dit is totdat globalisme aangekom het… Continue reading…
ANC se Sosialistiese Volksmoord plan en Sentralisering van mag stoom voort. Die ANC se Gauteng departement van Onderwys beplan om volgende week ‘n konsep dokument te publiseer, wat dit ten doel stel om Afrikaanse skole finaal die nek om te draai en totaal te vernietig. Dit is ‘n hoogs ideologiese dokument en tipies ANC, is dit niks anders nie as ‘n baie ambisieuse sosialistiese sosiale manipulasie om geforseerde rasse teikens te stel, vir elke enkele tradisionele Afrikaanse skool in die provinsie.
Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons “nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers” gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak. Continue reading…
Volksmoord Hoër? Die Hoërskool DF Malan in Belville beweer dat hulle beoog om sy beplande naamsverandering ‘n inklusiewe proses te maak, maar het geen nuwe naam of lys van name in gedagte nie? Klink meer soos oorgawe aan die globalistiese volksmoord voordat die vyand selfs gesien is, of is dit net trapsoetjies vir ‘n besluit wat klaar geneem is en skelm deurgedruk word?
Die skool se voorsitter van die beheerliggaam, André Roux, het die afgelope naweek bevestig dat hulle die proses sal begin om die skool se naam te verander, maar benadruk dat hierdie besluit deel uitmaak van ‘n maande lange konsultasieproses, waartydens alle aspekte van die skool se identiteit en toekoms visie bespreek is. Hy noem egter nie waar die idee om die naam te verander vandaan kom nie?