Die ekonomiese plan wat op 21 April deur die ANC-staatspresident aangekondig is, het enorme gebreke. Die opvallende feit is dat die hele strategie in verband met die ramptoestand wat deur die korona-virus veroorsaak is, op ’n tipiese sosialistiese wyse opgestel word. Die ANC-regime sien dit eerder as ’n geleentheid om sy sosialistiese beleid dieper in te grawe, al dreig ekonomiese rampspoed reeds aan alle kante.
Dit is belangrik om te let op die president se woordgebruik: Aan die een kant maatreëls wat met die banke ooreengekom is; verligting van belasting, en so meer; maar veral dan die feit dat die regering iets soos ’n nuwe ekonomiese struktuur vir die toekoms beplan.
Ons het vae uitdrukkings gehoor soos: a new economy, accelerated structural reform, a new social compact, en radical economic transformation. Dit is niks minder nie as ou sosialistiese en kommunistiese slagkrete. Die ANC-leier was so dapper om ’n hulppakket van R500 miljard aan
Continue reading…