Met ons help kan U of U gemeenskap nou ‘n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net). Continue reading…
Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met ‘n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite. Continue reading…
SAUK Nuus is ‘n gemeenskaps platform wat die Boere Afrikaner gemeenskap dien. Die hoofstroom media verdoesel baie agter hul betaalmure en sekere stories ontvang geen dekking nie. Dit is dus baie belangrik dat ons ons eie onafhanklike platform het om als van belang te deel. Ons is nie verbonde aan SABC nie of enige organisasie, regering of geheime groep nie.
Stuur asb. enige stories, nuus, foto’s, video’s, klankgrepe, pers verklarings of gemeenskaps en welsyns aankondigings, wat julle dink van belang is vir ons gemeenskap, sodat ons dit met almal kan deel. Nuwe idees is ook welkom.
Ons benodig ook vrywilligers wat kan uithelp in enige hoedanigheid sodat ons ons gemeenskap sterk kan bou. Daar is baie om te doen! Ons wil ook graag streeks of provinsiale nuus en stories dek.