#AbuseOfPower In nog ‘n voorbeeld van polisiebeamptes wat nie inperking regulasies nakom nie en hul mag misbruik, het hooggeplaaste polisiebeamptes wie se onwettige aktiwiteit deur ‘n buurtwaglid buite ‘n gewilde kroeg, Chillas in Vanderbijlpark, verfilm is, die kameraman aangerand en die beeldmateriaal uitgevee! Hierdie landwye magsmisbruik en kinderagtige interpretasie van die wet in baie gevalle, laat baie wonder of die inperking regulasies SA na ‘n korrupte polisiestaat verander.
Wayne Scholtz (53), ‘n lid van die buurtwag van Vanderbijlpark, is Woensdag voor ‘n gewilde kroeg in Vanderbijlpark aangerand toe hy stilgehou het om ‘n selfoonvideo te neem van ‘n groep mans, insluitend polisiebeamptes, wat buite die bekende kroeg gestaan het en bier drink. Volgens ‘n VF+ raadslid, Gerda Senekal, was daar ‘n begrafnis na ‘n partytjie wat Woensdag op die perseel gehou is en wat deur verskeie senior polisiebeamptes bygewoon is. Dit sou natuurlik op verskillende wys
Continue reading…