Met ons help kan U of U gemeenskap nou ‘n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net). Continue reading…
WAAR IS DIE VOLK? Die meerderheid Afrikaans sprekendes is nie-Europeërs, en so ook is die meerderheid radio RSG luisteraars nie-Europeërs. Vra nie waar is die volk se leiers nie, maar vra eerder waar is die volk? Hulle klouter by die Toring van Babel op om naam te maak, as die reënboognasie Suid Afrika, en om “Een” te wees. Continue reading…
Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met ‘n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite. Continue reading…
‘n Lewe vir ‘n TV? ‘n Bejaarde inwoner van Danielskuil in die Noord-Kaap, At van der Merwe, is dood aan ‘n hartaanval veroorsaak deur skok toe hy met ‘n gholfstok getref is, toe hy en sy vrou, albei in hul 70’s, vroeg op Vrydagoggend 24 Julie 2021, in hul huis aangeval is. Sy baie brose vrou, Elize, se een been is gebreek toe een van die aanvallers op haar been gespring het.
Die ANC departement van sport, kuns en kultuur het Sondag aangekondig dat hy die proses, om klagtes oor naamsveranderinge vir verskeie plekke in die Oos-Kaap te oorweeg, afgehandel het. Dit het besware teen Port Elizabeth se naamsverandering na watookal, eensydig van die hand gewys. Dit sluit ook in die verandering van Uitenhage na iets anders. Afrikaans is die mees gesproke taal in PE!
Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons “nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers” gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak. Continue reading…
Volksmoord Hoër? Die Hoërskool DF Malan in Belville beweer dat hulle beoog om sy beplande naamsverandering ‘n inklusiewe proses te maak, maar het geen nuwe naam of lys van name in gedagte nie? Klink meer soos oorgawe aan die globalistiese volksmoord voordat die vyand selfs gesien is, of is dit net trapsoetjies vir ‘n besluit wat klaar geneem is en skelm deurgedruk word?
Die skool se voorsitter van die beheerliggaam, André Roux, het die afgelope naweek bevestig dat hulle die proses sal begin om die skool se naam te verander, maar benadruk dat hierdie besluit deel uitmaak van ‘n maande lange konsultasieproses, waartydens alle aspekte van die skool se identiteit en toekoms visie bespreek is. Hy noem egter nie waar die idee om die naam te verander vandaan kom nie?