Wie wil Self Beskikking he?

Selfbeskikking enigste hoop vir Afrikaners | francoiscloeteblog

Thu, 14 Jun 2012 11:45:13 GMT

‘Gee selfbeskikking vir die wat daarna soek’

Soos ons weet, is die SAKP en die ANC-Jeugliga die voorbokke vir die nuwe sosialistiese/ kommunistiese Suid-Afrika waar die rykdom aan almal gegee word, veral die armes.

Die “Kom ons maak saam Suid-Afrika ‘n beter plek saam”-groep word verteenwoordig deur partye soos die DA, ACDP, COPE, die Nuwe VF+, asook die burgerregte organisasie Afriforum en die vakbond Solidariteit.

Hierdie groepe probeer ‘n gelykheidstaat te ontwikkel, waar gelyke status aan almal gegee moet word, op alle gebiede van die samelewing. Maar ongelukkig is hierdie groepe as ‘n eenheid nie regtig ‘n beduidende faktor teenoor die ANC nie en is daar gewone burgers wat hierdie gedagte ondersteun.

Laastens kry ons die selfbeskikkingspersoon. Die groep sluit verskeie volke en sesessiegroepe in, wat onder hulle eie vaandel van selfbeskikking wil voortbestaan. Soos ons weet word hierdie groepe as ekstremiste beskou, wat partykeer verkeerd verstaan word, oor waarvoor hulle staan.

Hulle is net persone wat behoudend is ten opsigte van hulle kultuur, taal, of net oor hulle oor hulleself wil regeer in ‘n bepaalde gebied. Die is groepe soos die Dabalorivhuwa Patriotic Front wat die Venda verteenwoordig by UNPO , die “Cape Party” wat die Kaap onafhanklikheid wil gee.

Dan in ‘n mindere mate die IFP wat ‘n Konfederale/ federale stelsel wil hê vir groepe. Die VF+ was altyd die een wat ‘n volkstaat wou hê vir die Afrikaner, maar nou vervang is deur ‘n paar organisasies wat hierdie droom wil verwesenlik.

Ons moet besef dat daar mense is, wat nie eers by hierdie groepe betrokke is nie, maar wat hierdie gedagte sterk ondersteun.

Ek dink daar is plek vir almal onder die son wat ‘n sekere gedagte ondersteun, maar moenie die selfbeskikkingspersoon afkraak oor wat hy dink reg is nie. Gee vir hierdie groepe hulle selfbeskikking en moenie hulle teen staan nie, want hulle veg binne die internasionale reg vir hierdie onafhankliheid.

Kom ons maak hierdie persone gelukkig, dan hoef die ander nie meer na hulle “volkstaatpraatjies” te luister nie. Kom ons wees regverdige mense en gun almal hulle eie lot, self hulle wat tevrede is om te bou aan die Nuwe Suid-Afrika.

Hierdie brief van my was geplaas op Nuus24.com , hulle die publiek gevra vir kommentaar : “Ondersteun jy die idee van ’n volkstaat? Hoekom? Stuur jou mening naterugvoer@nuus24.com.”