Venesie soek ook Onafhanklikheid.

Venesië soek onafhanklikheid. |

Wed, 09 Jan 2013 05:09:57 GMT

Die deklarasie van onafhanklikheid is, soos verwag kan word, deur ‘n gondel by streeksregeerders afgelewer wat besig is om oor die moontlikheid van ‘n referendum te besin. “Ons het nie Rome nodig nie, selfdeterminasie is 

Venesië ook soek onafhanklikheid.

Bets Botha.

Gedetermineerde Venesiërs het die nuwejaar met groot verwagting ingegaan dat daar gehoor gegee sal word aan hulle versoek om onafhanklik te word.

Vir die grootste gedeelte van die afgelope 1200 jaar was hierdie Italiaanse stad ‘n nasie op sigself – magtig, vooruitstrewend en trots. Trots op die feit dat die moslemaanslag op die weste telkens deur hulle verslaan is. In 1861 het hulle deel van die Italiaanse Koninryk geword.

Maar talle van hierdie pragtige stad se inwoners glo nou dat hulle toekoms in hulle verlede lê. Vele van die inwoners sê dat dit beter sal wees as die stad en omliggende deel bekend as Veneto weer as ‘n onafhanklike staat, losgemaak van Italië, funksioneer. Die grootste beswaar is ook dat hulle moeg is om biljoene aan belastings aan Rome te betaal wat op allerhande maniere net verdwyn.

Gevolglik het duisende Venesiërs ‘n petisie geteken waarin hulle ‘n “egskeiding” vra van hulle mede-Italianers. Die deklarasie van onafhanklikheid is, soos verwag kan word, deur ‘n gondel by streeksregeerders afgelewer wat besig is om oor die moontlikheid van ‘n referendum te besin.

“Ons het nie Rome nodig nie, selfdeterminasie is ons reg,” sê Lodovico Pizzati, ‘n professor in ekonomie wat aan die spits van die beweging staan.

Sesessie bewegings, sommige ernstig ander net wispelturig, kry oral in Europa momentum. Die Skotte sal volgende jaar oor hulle onafhanklikheid stem; Katalonië wil wegbreek van Spanje en die Vlaaminge oorweeg skeiding van België.