Radio Vryheid – Ons volk se roepstem vir soewereiniteit

GeagteVolksgenoot,

Radio Vryheid is einde 2012 gestig met die uitsluitlike doel om ons mense, die Boere-Afrikanervolk, wêreldwyd aan te spoor om te verenig rondom die konsep van Vryheid. Ons vryheidsgesinde mense, plaaslik en oorsee het die behoefte om na ‘n Internet radiostasie te luister wat uitdruklik VRYHEID as einddoelwit stel. Koerante en FM radiostasies is besig om ‘n stadige dood te sterf. Al meer mense luister en gebruik eerder die internet, die mees moderne manier van kommunikasie.

Doel en Beleid

  • Radio Vryheid is gestig in die lig van verskeie ander Afrikaanse radiostasies se vervreemding van die kern van ons volk en spesifiek met die beheer wat oorgeneem is deur Media-24, maar ook ander instansies.
  • Radio Vryheid stel ons volk, die Boere-Afrikanervolk se Vryheid eerste, daarom die naam: Radio Vryheid. 

Daarom is Radio Vryheid ook nie ‘n vakverbond of burgerregte organisasie waar die reg van die individu/werker vooropgestel word en ander rasgroepe en kultuurgroepe ook geakkomodeer word nie. Sommige personeel by sekere Afrikaanse radiostasies is ook eerder aanhangers van die DA wat glad nie die Vryheid van ons volk ten doel het nie. Tog word die DA al meer tyd op hul senders gegee en Vryheidsorganisasies word toegang tot die radio geweier. Die onlangse gemors in die DA het gewys dat y eintlik maar net ‘n ander ANC in blou hempies is.

  • Al meer Afrikaanse FM radiostasies is besig om hulself ook te vervreem van ‘n groter wordende groep Christene wat hulself nie noodwendig met die Gereformeerde godsdiensleer vereenselwig nie. Radio Vryheid sal poog om alle volksgenote wat al drie die hoof godsdiensleerstellings, tewete die Gereformeerde leer, die Pinksterleer sowel as die Uitverkiesingsleer aanhang, te akkomodeer. Almal bly steeds immers mede Boere-Afrikaner volksgenote.
  • Die meeste Afrikaanse FM radiostasies vervreem hul al meer van volksorganisasies en individue wat baie prominent in hul stigting en instandhouding was, deur hul nie verder geleentheid te gun om oor die lug te praat, hetsy agter of voor die mikrofoon, ten spyte van hul “gerusstelling” dat hul ‘n “besondere band met hierdie volksorganisasies het” nie – dit is ‘n leuen. Radio Vryheid sal poog om elke organisasie wat bydra tot die uiteindelike Vryheid van die Boere-Afrikanervolk eer en hul geleentheid gun om hul menings, binne sy eie Beleid en binne perke natuurlik, te stel.

Radio Vryheid is maar nog in sy kleuterskoene, (11 maande oud) maar groei elke dag. Die potensiaal is egter baie groot. Die eerste 8 maande is grootliks daaraan gewy om tegniese probleme uit te skakel en stroomlyn te maak. Alhoewel ons tans baie musiek speel wil ons al meer aandag begin wy aan ons Vryheidstrewe. As Internet radiostasie saai ons natuurlik wêreldwyd uit. Ons het al luisteraars in die volgende lande: Nieu-Zeeland, Australië, Saudi-Arabië, Duitsland, Georgië, Nederland, België, Vlaandere, Thailand, Brittanje, Ierland, Kanada en die VSA. U sal opmerk dat hierdie lande oorwegend die lande is waarheen Afrikaners immigreer. Een van ons doelwitte is dan ook om hierdie mense te bedien met Vryheids nuus, Afrikaanse musiek, wêreldnuus en inligting vanuit hul stamland. Ons wil uiteindelik instrumenteel daarin wees dat hierdie mense dit sal oorweeg om na ‘n eie vrye Vaderland terug te keer, wanneer ons hierdie vryheidsdoelwit eendag bereik het. (Wees geduldig: Die windpomp gaan soek nie die wind nie!)

Ons het egter die ondersteuning van ons vryheidsgesinde organisasies soos die Herstigte Nasionale Party (HNP), Die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), Die Kommandokorps (KK), CVO skole, Oranje sakekamer, Die Verkenners, die Volksverkiesingskommissie (VVK) en laaste maar nie die minste nie: Die Boere-Afrikaner Volksraad self, nodig om ons beleid uit te voer en ons en u doelwitte te bereik. Ons wil u dus vra om u organisasie op Radio Vryheid bekend te stel asook om ‘n deurlopende advertensie op die radiostasie te plaas en praatjies te loods. Ons stel Radio Vryheid vir u beskikbaar as voertuig tot Vryheid. Tans het ons heelwat lugtyd tot u beskikking en u kan dus verseker wees van heelwat blootstelling. Hierdie is die medium waar al ons vryheidsgesinde organisasies bymekaar kan kom. As elke organisasie al sy lede bekendstel aan Radio Vryheid kan ons binne ‘n paar maande ‘n uiters doeltreffende medium vir u eie organisasie word, waar u met u eie lede en ook die lede van ander vryheidsgesinde organisasies vinnig kan kommunikeer. Al wat u moet doen is om weekliks vir ons opnames van u organisasie te stuur en dit dan na ons webwerf te stuur. Daar is ‘n fasitaliteit wat sê: “Stuur opname”.

Aangeheg is die Beleid van Radio Vryheid sodat u gemoedsrus kan hê oor die doelstellings van die radiostasie. U kan ook gaan kyk na ons webwerf bywww.radio-vryheid.co.za. Daar kan u al die skakels kry wat u nodig het.

Aangeheg is ook ‘n tabel wat in Maart aan ons verskaf is deur Voscast, ons destydse diensverskaffer, wat vir u ‘n aanduiding kan gee watter persentasies van ons mense oorsee luisteraars in die onderskeie lande is. U sal sien dat die hoogste aantal luisteraars op daardie stadium steeds in Suid-Afrika was met 44.1% gevolg deur Brittanje met 33.7% en Duitsland met 8.8%. Die VSA lê in die 4de posisie, gevolg deur Namibië, Australië en Nieu-Zeeland. Die persentasies het intussen verander, maar die posisies van die lande bly basies dieselfde.

Kom ons gaan haal ons volk

Kom ons gee hul weer hoop

Kom ons maak hul weer geesdriftig en

opgewonde oor ons vryheidstryd!

Kom ons laat die bloed in hul are

borrel en bruis vir hul volk!

Hoog; Oranje-Blanje-Blou!!

Direkteur

Radio Vryheid

RADIO VRYHEID WORD OP WOENSDAG 13 NOVEMBER AMPTELIK IN DIE PERS EN OOR DIE LUG BEKENDGESTEL

Indien jy ander system gebruik gaan loer hier vir jou weergawe:

http://www.teamspeak.com/?page=downloads

Om In te skakel by Radio-Vryheid gebruik die volgende skakels:

Net vir Rekenaar: (Speel op Media-Player of VLC Speler)
http://198.245.61.142:9998/listen.pls

Net vir BB en I phone en Nokia Radio:
http://198.245.61.142:9998/;listen.mp3

Kan ook op die web-werf luister by:
http://www.radio-vryheid.co.za/

Ons eie sosiale netwerk:
http://www.sn.radio-vryheid.co.za/

Luister Op ShoutCast:
http://www.shoutcast.com/Internet-Radio/vryheid

Luister by TuneIn:
http://tunein.com/radio/Radio-Vryheid-s189886/

Kry jou VLC speler Hier:
http://www.videolan.org/vlc/index.html

Bekendstelling:

Radio Vryheid - Ons volk se roepstem vir soewereiniteit

GeagteVolksgenoot,

Radio Vryheid is einde 2012 gestig met die uitsluitlike doel om ons mense, die Boere-Afrikanervolk, wêreldwyd aan te spoor om te verenig rondom die konsep van Vryheid. Ons vryheidsgesinde mense, plaaslik en oorsee het die behoefte om na ‘n Internet radiostasie te luister wat uitdruklik VRYHEID as einddoelwit stel. Koerante en FM radiostasies is besig om ‘n stadige dood te sterf. Al meer mense luister en gebruik eerder die internet, die mees moderne manier van kommunikasie.

Doel en Beleid
•Radio Vryheid is gestig in die lig van verskeie ander Afrikaanse radiostasies se vervreemding van die kern  

van ons volk en spesifiek met die beheer wat oorgeneem is deur Media-24, maar ook ander instansies.
•Radio Vryheid stel ons volk, die Boere-Afrikanervolk se Vryheid eerste, daarom die naam: Radio Vryheid. 

Daarom is Radio Vryheid ook nie ‘n vakverbond of burgerregte organisasie waar die reg van die individu/werker vooropgestel word en ander rasgroepe en kultuurgroepe ook geakkomodeer word nie. Sommige personeel by sekere Afrikaanse radiostasies is ook eerder aanhangers van die DA wat glad nie die Vryheid van ons volk ten doel het nie. Tog word die DA al meer tyd op hul senders gegee en Vryheidsorganisasies word toegang tot die radio geweier. Die onlangse gemors in die DA het gewys dat y eintlik maar net ‘n ander ANC in blou hempies is.
•Al meer Afrikaanse FM radiostasies is besig om hulself ook te vervreem van ‘n groter wordende groep

Christene wat hulself nie noodwendig met die Gereformeerde godsdiensleer vereenselwig nie. Radio Vryheid sal poog om alle volksgenote wat al drie die hoof godsdiensleerstellings, tewete die Gereformeerde leer, die Pinksterleer sowel as die Uitverkiesingsleer aanhang, te akkomodeer. Almal bly steeds immers mede Boere-Afrikaner volksgenote.
•Die meeste Afrikaanse FM radiostasies vervreem hul al meer van volksorganisasies en individue wat baie

prominent in hul stigting en instandhouding was, deur hul nie verder geleentheid te gun om oor die lug te praat, hetsy agter of voor die mikrofoon, ten spyte van hul “gerusstelling” dat hul ‘n “besondere band met hierdie volksorganisasies het” nie - dit is ‘n leuen. Radio Vryheid sal poog om elke organisasie wat bydra tot die uiteindelike Vryheid van die Boere-Afrikanervolk eer en hul geleentheid gun om hul menings, binne sy eie Beleid en binne perke natuurlik, te stel.

Radio Vryheid is maar nog in sy kleuterskoene, (11 maande oud) maar groei elke dag. Die potensiaal is egter baie groot. Die eerste 8 maande is grootliks daaraan gewy om tegniese probleme uit te skakel en stroomlyn te maak. Alhoewel ons tans baie musiek speel wil ons al meer aandag begin wy aan ons Vryheidstrewe. As Internet radiostasie saai ons natuurlik wêreldwyd uit. Ons het al luisteraars in die volgende lande: Nieu-Zeeland, Australië, Saudi-Arabië, Duitsland, Georgië, Nederland, België, Vlaandere, Thailand, Brittanje, Ierland, Kanada en die VSA. U sal opmerk dat hierdie lande oorwegend die lande is waarheen Afrikaners immigreer. Een van ons doelwitte is dan ook om hierdie mense te bedien met Vryheids nuus, Afrikaanse musiek, wêreldnuus en inligting vanuit hul stamland. Ons wil uiteindelik instrumenteel daarin wees dat hierdie mense dit sal oorweeg om na ‘n eie vrye Vaderland terug te keer, wanneer ons hierdie vryheidsdoelwit eendag bereik het. (Wees geduldig: Die windpomp gaan soek nie die wind nie!)

Ons het egter die ondersteuning van ons vryheidsgesinde organisasies soos die Herstigte Nasionale Party (HNP), Die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), Die Kommandokorps (KK), CVO skole, Oranje sakekamer, Die Verkenners, die Volksverkiesingskommissie (VVK) en laaste maar nie die minste nie: Die Boere-Afrikaner Volksraad self, nodig om ons beleid uit te voer en ons en u doelwitte te bereik. Ons wil u dus vra om u organisasie op Radio Vryheid bekend te stel asook om ‘n deurlopende advertensie op die radiostasie te plaas en praatjies te loods. Ons stel Radio Vryheid vir u beskikbaar as voertuig tot Vryheid. Tans het ons heelwat lugtyd tot u beskikking en u kan dus verseker wees van heelwat blootstelling. Hierdie is die medium waar al ons vryheidsgesinde organisasies bymekaar kan kom. As elke organisasie al sy lede bekendstel aan Radio Vryheid kan ons binne ‘n paar maande ‘n uiters doeltreffende medium vir u eie organisasie word, waar u met u eie lede en ook die lede van ander vryheidsgesinde organisasies vinnig kan kommunikeer. Al wat u moet doen is om weekliks vir ons opnames van u organisasie te stuur en dit dan na ons webwerf te stuur. Daar is ‘n fasitaliteit wat sê: “Stuur opname”. 

Aangeheg is die Beleid van Radio Vryheid sodat u gemoedsrus kan hê oor die doelstellings van die radiostasie.    U kan ook gaan kyk na ons webwerf by www.radio-vryheid.co.za. Daar kan u al die skakels kry wat u nodig het.