Die Volk, Boere Afrikaners ens. streef al eeue na onafhanklikheid

Wat is die rede? – Welkom in Bravoland

Mon, 12 Aug 2013 10:36:32 GMT

Boere, Afrikaners en die Volk het ‘n lang geskiedenis van Onafhankilikheid soek. Eers was dit die republiek van Swellendam, toe word Graaf-Reinette ’n republiek, en lank daarna sukkel die Boere om hulle ideaal van vryheid tot werklikheid te bring met republieke soos Stellaland, Noord-Natal en Lydenburg en andere.

 Uiteindelik word die Republiek van die Oranje Vrystaat en die Transvaalse Republiek werklikheid, maar net soos al hulle voorgangers, hou die republieke nie lank nie.

Uiteindelik kom 1910. Uniewording. ’n Eerste Afrikaanse kabinet, waarvan voormalige generaals uit die Vryheidsoorlog ministers word.

 En toe kom die Republiek van wyle Hendrik Verwoerd, en hou nie eers ’n halwe eeu nie.

 Wat is die rede?

 Is dit Afrikaner (of Boer) wat in homself verdeeld is? Is dit verraad en druk van die ganse wereld? Is dit omdat die volk nie kan saamstaan nie?

 Miskien is daar een miljoen grondige redes.

 Die hoofrede is egter duidelik waarneembaar. Die Boere-Afrikaners is geteister deur ’n Britse haatveldtog wat sedert die vroegste dae aan die Kaap van Storms begin het.

 Die eerste Britse besetting van die Kaap het Swellendam genoop om Republiek te word, en die tweede besetting het Die Groot trek tot gevolg gehad.

 En asof dit nie genoeg was dat die Boer alles moes los en sy waens vat en trek die onbekende binneland in nie, kom die jaloerse, haatdraende Britte en maak oorlog teen die klein volk wat rykdom gevind het in die land wat die Here God aan hom toegeken het.

 Dit is ook waarom ons die Verwoerd-Republiek verloor het. Die Britte het die swartes gepamperlang in Brittanje, en gesorg dat Verwoerd sy lewe verloor, gemanipuleer dat swakkelinge uiteindelik die NP verkwansel om uiteindelik ’n FW te vind wat ter wille van ’n paar riksdaalders ons land oorhandig aan terroriste.

 Maar dit was met ’n verneukspul by die stembus gedoen!

 En nou sit ’n klein handjievol Boere-Afrikaners die stryd voort, net soos die verbete stryders van die Stormberg-kommando wat nie wou bes gee in die Tweede Vryheidsoorlog nie.

 Daarom durf ons nie weer toelaat dat ons volk met mekaar twis oor die wel en wee van ander nasies nie. Ander nasies, swart, wit, bruin of geel – dit is nie ons kwelling wie en wat en waar hulle is nie, en ons wil nie hulle probleem vir hulle oplos nie.

 Ons wil net in vryheid ons eie mense se toekoms verseker deur as gelowige Boere-Afrikaners vas te staan en te bly werk aan die modelle wat ons na volkome, soewereine onafhanklikheid sal lei.